Jongelinge speel lekker sokker in die Kaap

Honderd-en-20 spanne van oral in die Moederstad sal van vandag tot Sondag deelneem aan Stad Kaapstad se Kapstadt-bekertoernooi. Meer as 1 700 jong spelers sal in tien ouderdomsgroepe meeding – van onder sewes tot onder 20s. Die stad sal die jong sterre op die Athlone-stadion, Groenpuntpark, Groenpunt-meent en Hartleyvale ontvang. Die burgemeesters-komiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die plaaslike kletsrymer YoungstaCpt sal Vrydagaand optree tydens die openingseremonie in Athlone: