‘Trump het doelbewus dokumente vir die FBI weggesteek’

Die Amerikaanse departement van justisie sê hy het bewyse dat geklassifiseerde dokumente doelbewus vir die FBI weggesteek is toe hy dit in Junie uit oudpresident Donald Trump se Florida-landgoed probeer verkry het. Dit is wat gelei het tot die lasbrief. In sy stukke voor die hof, sê die departement hy het bewyse van dwarsboming van die gereg en beweer dat Trump-assistente in Junie valslik gesertifiseer het dat al die regeringsrekords is terugbesorg. Daar word verder beweer dat Trump se prokureurs “uitdruklik regeringspersoneel verbied het om enige van die bokse oop te maak of binne te kyk” binne ‘n stoorkamer toe FBI-agente die eerste keer in Junie na sy Palm Beach Mar-a-Lago-oord gereis het om die rekords te gaan haal. Die hof sal môre beslis of ‘n spesiale meester, soos versoek deur Trump, aangestel moet word om die dokumente te hersien.