Presidensie sê Ramaphosa het vrae oor Phala Phala beantwoord

Die Presidensie in Suid-Afrika is bekommerd oor aantygings dat President Cyril Ramaphosa nie vrae oor die diefstal op sy plaas Phala Phala in Limpopo in 2020 beantwoord het nie. Opposisiepartye in die parlement sê die president het nie ‘n grondige wettige rede verskaf om nie hul vrae oor die saak te beantwoord nie. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die president hét die vraag beantwoord of hy dit oorweeg om die nasie in sy vertroue te neem oor die ernstige aantygings teen hom: