Nam se vroue-hokkiespan draf vandag uit in Zim

Die MTC Namibiese vroue-veldhokkiespan speel vandag in Harare, Zimbabwe, hul eerste wedstryd om te kwalifiseer vir die 2023 Afrika Spele in Ghana. Hulle sal teen die gasheer en Malawi meeding vir die twee beskikbare posisies in die Sentrale-Suider-Afrika-groep. Hulle sal slegs een keer teen mekaar speel. Namibië kom vandag om twee-uur die middag teen Malawi te staan en môre om vier-uur die middag teen Zimbabwe. Die finaal vind Sondag plaas. Die afrigter is Melissa Gillies.