Christine Mboma wen brons medalje in 200 meter

Namibiese naelloper Christine Mboma het ‘n brons medalje in die 200 meter by die Birmingham Statebondspele in ‘n tyd van 22,8 sekondes ingepalm. Elaine Thompson-Herah van Jamaika was die wenner in ‘n tyd van 22,08 sekondes met Nigeriër Favour Ofili in die tweede plek in 22,51 sekondes. Mboma het Namibië se derde brons medalje gewen, naas veteraan marathon-atleet Helalia Johannes, bergfietsryer Alex Miller en Paralimpiese atleet, Ananias Shikongo.