Otjiwarongo, Okakarara en Outjo se krag môre af

Alle inwoners van Otjiwarongo, Okakarara en Outjo word daaraan herinner dat daar môre vanaf sewe-uur die oggend tot half-sewe die aand ‘n kragonderbreking sal wees. Die geskeduleerde kragonderbreking is weens herstelwerk wat NamPower aan beskadigde en vrot kragpale moet doen voor die volgende reënseisoen. Charlie Matengu, Cenored se skakelbeampte is aan die woord.