Tweede groep dooie migrante in Noord-Afrika gevind

Tien migrante is dood gevind in die woestyn in die noorde van Niger naby die Libiese grens. Hulle was in vlak grafte begrawe, sowat 30 kilometer van die stad Dirkou. ’n Ondersoek na die oorsaak van hul dood is aan die gang. ’n Wetgewer sê dit is “baie moontlik” dat hulle deur hul smokkelaar in die steek gelaat is. Dirkou is ‘n kruispad vir die smokkel van migrante, wapens en dwelms noordwaarts na Libië en dan na Europa. Hierdie ontdekking kom kort na 20 mense gevind is in die Libiese woestyn. Hulle het vermoedelik van dors gesterf.