Damian sal uitdraf, gereed vir enige posisie

Die Stormers se veelsydige agterspeler, Damian Willemse, sê hy geniet dit om in verskillende posisies te speel. Die 24-jarige is môre die heelagter vir die Springbokke in die eerste toets teen Wallis, nadat hy ‘n paar wedstryde op nommer 12 vir die Stormers gespeel het. Hy kan ook op nommer 10 inskakel teen Wallis as iets met Elton Jantjies sou gebeur. Willemse sê hy is reg vir die verantwoordelikheid: