Veldtog vir inentings teen masels

Die Namibiese ministerie van gesondheid het ‘n inentingsveldtog teen masels van stapel gestuur. Daar is kommer regoor die vasteland oor die impak van Covid op die roetine inentings en uitbrekings van veral masels het reeds begin voorkom. Die Omusati-streek en Opuwo in die Kunene word op die oomblik bedien. Ouers kan kinders vanaf die ouderdom van ses maande en 15 jaar bring vir inentings.