Internet in Khartoem is af, magte ontplooi

Veiligheidsmagte is vanoggend ontplooi en internetdienste is in Soedan se hoofstad Khartoem afgesny voor pro-demokrasie-betogings wat vir vandag beplan word. Volgens berigte het veiligheidsmagte groot hoeveelhede traangas op protespunte in Khartoem afgevuur terwyl sommige betogers begin saamdrom het. Betogers het van die stad se hoofpaaie met klippe en brandende buitebande afgesper. Die betoging is die derde herdenking van groot betogings tydens die 2019-opstand wat die jarelange outokratiese leier Omar al-Bashir uit die kussings gelig het en gelei het tot ‘n magsdelingsreëling tussen burgerlike groepe en die weermag.