Rafa speel vandag op Wimbledon

Rafael Nadal is vandag die groot trekpleister in die tweede ronde van Wimbledon. Die tweede-gekeurde Spaanse kampioen hoop om sonder moeite die halfeindronde te haal en uiteindelik ‘n kalenderjaar-Grand Slam te behaal. Hy het reeds vanjaar die Australiese en die Franse Ope gewen. Die laaste man wat al vier Grand Slam-toernooie in ‘n enkele jaar kon inpalm, was die Australiër Rod Laver in 1969. Nadal speel later vandag teen Ricardas Berankis van Litaue.