Vyf vas vir Etosha-renosters, nog kom sê minister

Na 12 swartrenosterkarkasse in die noordwestelike deel van die Etosha Nasionale Park ontdek is, het die Namibiese omgewingsminister, Pohamba Shifeta, na die park gereis. Owerhede het reeds vyf vermeende stropers vas en Shifeta sê nóg verdagtes gaan in hegtenis geneem word. Owerhede vermoed dat die verdagtes met ‘n reuse-stropery-sindikaat van verskillende lande verbind word. Die ondersoek na die stropery duur steeds voort. Romeo Muyunda die woordvoerder van die omgewingsministerie, het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.