Meisies so jonk as tien kraam in SA

Die DA in Noordwes sê die provinsiale gesondheidsdepartement het ‘n toename van 41 persent aangeteken in kinders tussen die ouderdomme van tien- en 14-jaar-oud wat geboorte skenk in gesondheidsorg-geriewe. Die departement het in die provinsiale wetgewer onthul daar is 153 geboortes aangeteken in hierdie ouderdomsgroep vanaf April 2020 tot Maart verlede jaar. Die DA-lid, Gavin Edwards, sê dit het toegeneem tot 216 geboortes in dieselfde tydperk in 2021/22: