Wimbledon: Rafa se voet is okei…

Novak Djokovic en Rafael Nadal is weereens die groot aanspraakmakers op die Wimbledon-kroon, met die derde Grand Slam-toernooi van die jaar wat vandag begin het. Nadal het vroeër die maand sy 14de titel op Roland Garros gewen om sy Grand Slam-rekord tot 22 op te skuif, ten spyte van ʼn beseerde linkervoet wat doodgespuit moes word. Nadal het onlangs behandeling ontvang vir die senupyn in sy voet.