Savanna Beef-beleggings sluit op bykans N$142 miljoen

Die eerste voorlopige resultate dui daarop dat produsente-beleggings in Savanna Beef Processors Vrydag  op meer as 141,9 miljoen Namibiese dollar gesluit het, met altesaam 521 aansoeke wat ontvang is. Volgens Mecki Schneider, voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting, is Cirrus Capital nog besig is om die laaste administrasie af te handel. Die finale resultate sal op 29 Junie tydens die Savanna Beef Processors se eerste raadsvergadering bekendgemaak word. Op die laaste dag het produsente bykans nóg 10 miljoen dollar belê en die forum se ledetal het tot 527 gegroei.