Krieket: Sri Lankaanse ondersteuners bedank Australië

Krieket: Sri Lankaanse ondersteuners het hulle dank betuig teenoor die besoekende Australiese span gedurende die vyfde en laaste internasionale eendagwedstryd tussen die twee spanne. Baie van die ondersteuners was in geel T-temde geklee, pleks van die tradisionele blou, met plakkate waarop die woord dankie gepryk het. Sri Lanka is midde-in ʼn enorme ekonomiese krisis en die reeks het ʼn mate van ekonomiese verligting gebring. Australië het Vrydag se wedstryd met vier paaltjies gewen, met nog  63 balle oor, maar Sri Lanka het die reeks met 3-2 gewen.