Oekraïnse President open Glastonbury Kunstefees

Die Oekraïnse President, Wolodimir Zelensky, het Engeland se Glastonbury Kunstefees met ʼn video-boodskap geopen. In ʼn opname wat vooraf gedoen is, het Zelensky vir ondersteuning gevra gedurende die voortgesette Russiese inval. Hy het die gehoor meegedeel Rusland se oorlog sal nie die mense van Oekraïne onderkry nie. Hy het die feesgangers in Somerset gevra om mense te help wat gedwing is om van hulle huise te vlug deur druk op politici wêreldwyd te plaas.