Grootste belastingontduikers lyk so…

Die hoof van die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, kommissaris Sam Shivute, sê internasionale maatskappye wat bedrywig in die land is, sowel as maatskappye in die vis bedryf, is die grootste sondebokke as dit kom by belasting ontduiking. Volgens hom is dit die maatskappye wat buitelandse valuta verdien en kreatiewe boekhouding gebruik om, onder andere, geld uit die land te neem Steven Ndorokaze, woordvoerder by NamRA het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.