Olimpiese Dag vieringe in hoofstad, Keetmans

Die Namibië Nasionale Olimpiese Komitee in samewerking met die Franco Namibiese Kultuur-sentrum sal vanjaar se jaarlikse Olimpiese Dag-viering in Windhoek en Keetmanshoop aanbied. Die viering is die herdenking van die Olimpiese Beweging, toe gemeenskappe van meer as 205 nasies regoor die wêreld op die dag bygekom het om betrokke te raak by sport-, opvoedkundige en kulturele geleenthede. Vanjaar se viering word op 23 en 25 Junie gehou, onder die tema “Together for a Peaceful World – Greater, Together, Stronger.”