Twee porsies vis ‘n week? Jy’t blykbaar ‘n groter kans vir velkanker

Amerikaanse navorsing toon dat mense wat twee porsies vis ‘n week eet, ‘n groter risiko vir velkanker loop. Volgens die studie, waaraan 491 367 volwassenes deelgeneem het, het ook gekyk na hoe die vis voorberei is, sowel as porsiegroottes. Die studie, wat deur die Brown Universiteit gedoen is, het bevind mense wat ongeveer 300 gram vis per week eet, ‘n 22 persent hoër risiko van kwaadaardige melanoom het. Die wat nog meer vis eet, het ‘n 28 persent kans.