Spes Bona spring ook in om by Alte Feste skoon te maak

Nadat lede van die Independent Patriots of Change Saterdag rondom die Onafhanklikheidsmuseum in die hoofstad die gebied opgeruim het en aangekondig het dat hul sal voortgaan om voor die Alte Feste ook skoon te maak het Pieter Senekal van die Spes Bona-groep ook na vore getree. Die gebied, wat eintlik die verantwoordelikheid van die onderwysministerie is lyk haglik al is dit ‘n trekpleister vir toeriste. Senekal sê sy span sal Woensdag aantree…

Verlede jaar het ‘n groep Windhoekers ook die gebied voor die Alte Feste skoongemaak. Die grasperk rondom die Onafhanklikheidsmuseum was in stand gehou maar niks is voor die Duitse fort gedoen nie.