Alweendo gesels oor Davos, beklemtoon belangrikheid van belegging

Die Namibiese minister van myne en energie Tom Alweendo, wat deel was van die afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, sê belegging in Namibië is baie belangrik vir ekonomiese groei. Hy het by die perskonferensie wat gehou is om terugvoer oor die besoek te gee, gepraat. Hy sê hulle het Namibië by Davos bemark, en nie die land verkoop nie.