Ryanair: Britse en Ierse regerings distansieer hulle

Die Britse en Ierse regerings het hulle van die Afrikaanse vraelys gedistansieer. Suid-Afrikaners is na bewering gevra om ‘n algemene kennistoets in Afrikaans te voltooi voor hulle aanboord van vlugte van die Ierse laekostelugdiens, Ryanair, kon gaan. Na wat berig word het die laekostelugdiens die vraelys ingestel om die nasionaliteit van passasiers na te gaan te midde van ‘n skerp styging in paspoortbedrog. Die Departement van Internasionale Betrekking en Samewerking sê hy stel ondersoek na die bewerings in.