Ekonoom meen voertuigverkope toon verbruikers se vertroue neem toe

High Economic Intelligence in die hoofstad het ‘n analise gedoen van die syfers op voertuigverkope vir Maart wat die week bekend gemaak is. Verkope het goed vertoon en met 4,15 persent gegroei tennor die 2,94 persent wat in 2021 aangeteken is. Salomo Hei van High Economic Intelligence sê dit dui op ‘n oplewing in verbruikers se vertroue. Die toename in verkop van ligte kommersiële voertuie, op 467 teenoor Februarie se 366 kan in sy mening aangedryf word deur groei in ligte kommersiële bedrywighede in die land maar, hy voeg by dat die daling in swaar voertuie kommer wek. In Maart is 31 van die voertuie verkoop teenoor 49 in Februarie wat in sy mening aandui dat daar plaaslik gedempte swaar kommersiële bedrywighede voorkom.