Covid-spuit help om nuwe hartweefsel te bou na hartaanval

Genetiese nasporing wat gebruik word om Covid-entstowwe te skep, word nou aangepas om die menslike hart te help herbou na skade na ‘n hartaanval. Wetenskaplikes by King’s College in Londen het genetiese kodes onder boodskapper-RNS, beter bekend as mRNA, opgespoor wat proteïene produseer om gesonde hartselle te bou. Soortgelyke tegnologie is gebruik om die sogenaamde mRNA Covid-entstowwe te skep. Die hart het geen vermoë om homself te herstel nie en dus, moet die korrekte boodskappe na die korrekte gene gestuur word om dit moontlik te maak. Boodskapper-RNS kan dit bewerkstellig. Die span navorsers sê hulle gebruik presies dieselfde tegnologie as die Pfizer en Moderna Covid-entstowwe om mRNA by die hart in te spuit om oorlewende hartselle te bereik en hul verspreiding te bevorder. Die nuwe selle vervang die dooies en in plaas daarvan om ‘n litteken te vorm, het die pasiënt nuwe spierweefsel.