Nkata-saak vandag in die hoërhof

Edward Nkata en sy vrou Caroline se moord-verhoor begin vandag in die hoërhof voor regter Christie Liebenberg. Die saak is van die Windhoek-landdroshof na die hof verskuif nadat die aanklaer-generaal alle klagtes teen die moeder van die slagoffer Natalie Chipomho, Rachel Kureva, laat vaar. Die staat beweer Edward en sy vrou Caroline het Edward en Rachel se dogtertjie, die negejarige Natalie tuis aangerand en doodgeslaan. Haar half-verbrande liggaam is in Windhoek-Noord in ‘n asdrom gevind.