Olimpiese ruiter geskors na hy perd met tak slaan

Die Britse Perdewedrenowerheid het die voormalige Nieu-Seelandse Olimpiese kampioen Mark Todd geskors nadat ‘n video na vore gekom het waarin gesien kan word hoe hy ‘n perd met ‘n tak slaan. Todd, wat twee Olimpiese medaljes in 1984 en 1988 gewen het, het glo die dier geslaan terwyl hy ‘n klas aangebied het. Britse media berig die owerheid het bekend gemaak Sir Mark, wat in 2013 tot ridder geslaan is, het skuld erken, om verskoning gevra en aanvaar hy is voorlopig nie toegelaat om in Brittanje of internasionaal aan perdewedrenne deel te neem nie.