Tienersterftes in SA: 9% is selfdood

Die voorkoming van selfdood onder tieners begin by beter begrip van depressie-simptome. Só sê Shimoney Regter van die departement van gesondheid in die Wes-Kaap. Vandweesweek is Week vir die Voorkoming van Selfdood onder Tieners. Volgens die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep is 9 persent van tienersterftes in Suid-Afrika weens selfdood. Regter sê dit is belangrik dat ouers en voogde met tieners oor hul geestesgesondheid gesels.