Vier vas vir slagting van vyf renosters

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die renosters wat by die Inverdoorn-wildreservaat in die Wes-Kaap gestroop is. Die saak het die publiek se aandag aangegryp nadat vyf renosters gestroop is. Die Wildreservaat se bestuurder, Johan van Schalkwyk, sê die arrestasies is onder hul aandag gebring kort nadat die misdaad gepleeg is. Die vier verdagtes sal na verwagting in die Landdroshof in Ceres verskyn sodra hulle aangekla is. Van Schalkwyk sê almal werk steeds saam om alle verdagtes gekoppel aan hierdie tipe misdade aan te keer: