Voertuigverkope: effe beter maar steeds swak

Simonis Storm in die hoofstad het die voertuigverkope vir November bekend gemaak. ‘n Totaal van 752 nuwe motors is gedurende die maand verkoop wat ‘n toename van 7,4 persent op ‘n jaargrondslag en 5,3 persent op ‘n maandgrondslag verteenwoordig. Die syfers is volgens kenners steeds swak en die 7,4 persent groei word aangedryf deur aankope van kommersiële voertuie. Simonis Storm sê verder dat die jongste neigings toon dat al hoe minder bestuurders hulle motors na die drie-jaar siklus vir ‘n nuwe model inruil en verder dat hoë-inkomste bestuurders minder geld het.