LPO-voorsitter sê skaapbedryf het alternatiewe markte broodnodig

Die Namibiese Landbou-unie se Lewendehawe Produsente-organisasie het sy ondersoek na alternatiewe markte vir Namibiese skaapvleis in samewerking met Hartlief voltooi. Die sektor gaan reeds ‘n geruime tyd gebuk onder erge uitdagings en alternatiewe markte is van kritiese belang om produsente aan te spoor. Die voorsitter van die LPO, Thinus Pretorius, het dit so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.