Mosambiekse President dank minister van verdediging af
Mosambiek se President Filipe Nyusi het sy minister van verdediging, Jaime Neto, afgedank sonder om enige redes te verskaf. Geen plaasvervanger is aangewys nie. Neto was aan die stuur van die land se stryd teen Islamitiese rebelle.