Nuwe Covid-maatreëlsl môreoggend aangekondig

Die Namibiese gesondheidsminister, dr Kalumbi Shangula, sal môreoggend om nege-uur by Staatshuis die nasie oor die nuwe Covid-regulasies toespreek, het die Namibiese Presidensie bevestig. Die gesondheidsministerie het elf nuwe Covid-gevalle uit 1 643 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,7 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders van verskillende skole. Daar is nou 163 aktiewe gevalle, waarvan slegs 16 mense in hospitale is en niemand in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 278 125 mense is ten volle ingeënt. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, gee die jongste syfers.