SA mini-begroting: Fiskale vooruitsigte onseker

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die fiskale vooruitsigte in Suid-Afrika is hoogs onseker. Die duursaamheid van ekonomiese herstel, die regsproses wat verband hou met staatsdiens-salarisse en toekomstige salarisonderhandelings is van die knelpunte. Godongwana het tydens sy mini-begrotingsrede in die parlement gesê verskeie staatsbeheerde ondernemings en munisipaliteite in die breër openbare sektor sukkel met onvoldoende fondse om uitgawes te dek. Hoewel daar nie vir ‘n reddingsboei begroot is nie, verwag hy staatsondernemings sal daarvoor vra.