Du Toit weer in die hof oor vermeende diefstal van Stina Wu

‘n Kontrakteur, Marthinus du Toit, sal weer vandag in die hof op Rundu verskyn op klagte dat hy 1,8 miljoen Namibiese dollar se bouvoorraad by die omstrede Chinese sakevrou Stina Wu gesteel het. Volgens die klagstaat het Du Toit na bewering vragte sement, stene, bouklippe, draad en meer by Wu se Divundu-aanleg gesteel. Die staat sê hy het die goedere in verskeie nedersettings in en om Divundu verkoop. Daar word ook beweer dat hy Wu se toerusting gebruik het vir sy eie projekte, onder andere, ‘n pad wat hy vir ‘n lodge gebou het. Landdros Sonja Samupofu het op 15 Julie die saak tot vandag uitgestel. Du Toit is vry op borg van 20 000 dollar.