Enoch sal stryd hê om beleid aan te pas

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Risiko-ontleding meen die minister van finansies, Enoch Godongwana, gaan ‘n opdraende stryd hê om sy kabinetskollegas te oortuig om ‘n hervormingsbeleidsrigting te volg. Die minister het hom daartoe verbind om die land se strukturele ekonomiese probleme aan te pak. Bheki Mahlobo van die sentrum sê die ANC het nie uit eie wil die perk op die self-opwekking van krag tot 100 megawatt verhoog nie Hy voeg by die regerende party sal ‘n hervormingsbeleid uit sy eie moet implementeer as hy as ‘n regering beskou wil word wat hervormingsbeleidsrigtings voorstaan: