Tutu herdenk vandag 90ste verjaarsdag

Dit is vandag Aartsbiskop Desmond Tutu se 90ste verjaardag. Die Aartsbiskop Desmond Tutu-trust vir Intellektuele Eiendom sê benewens die bywoning van ‘n spesiale dankseggingsdiens in die St George’s-katedraal in Kaapstad, gaan hy en sy vrou, Leah, die dag by die huis deurbring omring deur familie, insluitend kleinkinders en agter-kleinkinders. Die 11de Desmond Tutu Internasionale Vredeslesing word vandag gelewer met die Dalai Lama, die voormalige presidentsvrou, Graça Machel, Thuli Madonsela en ‘n voormalige Ierse president, Mary Robinson, onder die gaste.