Rwanda se hotel-held gaan 25 jaar tronk toe

‘n Hooggeregshof in Kigali, Rwanda, het Paul Rusesabagina, die held van die fliek Hotel Rwanda, tot 25 jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van terrorisme. Rusesabagina se ondersteuners beskuldig die regstelsel van ‘n polities gemotiveerde vertoon-verhoor. Hy is beskuldig dat hy ‘n rebellegroep gevorm het wat blameer word vir die dodelike geweer- en granaat-aanvalle en brandstigting in Rwanda in 2018 en 2019. Rwandese aanklaers het ‘n lewenslange vonnis geëis. Die 67-jarige oud-hoteleienaar het tydens die land se volksmoord in 1994 meer as 1 200 lewens gered.