Walvis se bouplanne vertoon uitstekend

Bouplanne vir Swakopmund en Walvisbaai vir Julie vanjaar is bekend. In Swakopmund het bouplanne met 78,5 persent in Julie afgeneem teenoor syfers wat in Junie aangeteken is. Op ‘n jaargrondslag, het die indeks met 64,4 persent afgeneem. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het die grootste daling in aanbouings voorgekom. Die waarde van die planne is 9,2 miljoen Namibiese dollar teenoor 43 miljoen dollar wat vir Junie bevestig is. Walvisbaai het beter vertoon met ‘n 17,3 persent groei in Julie 2021. Op ‘n jaargrondslag het bouplanne met 77,1 persent gegroei. Aanbouings op kommersiële eenhede het die groei aangedryf. Walvisbaai het 37,9 persent van al die bouplanne regoor die land vir Julie verteenwoordig.