Wes-Kaapse damme lyk nog beter as verlede jaar

Die provinsiale damvlakke in die Wes-Kaap staan nou gesamentlik op 81,6 persentasiepunte, ‘n groot toename ná verlede jaar se 77,9 persentasiepunte. Die LUR vir Omgewingsake, Anton Bredell, sê die provinsie gaan voort om te verbeter op verlede jaar se vlakke. Sy woordvoerder, James-Brent Styan, sê die Stad Kaapstad se groot toevoerdamme loop tans oor. Die goeie reënval onlangs het selfs ondergrondse reservoirs aangevul: