Toetse op dreef om agt COVID-19 neussproei-entstowwe, te evalueer

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dat kliniese toetse op dreef is om agt COVID-19
neussproei-entstowwe, te evalueer. Die Xiamen-universiteit van China, die Universiteit
van Hong Kong en die biologiese apteek van Wantai in Beijing, het reeds fase 2-toetse
voltooi. Volgens mediaberigte het ‘n artikel wat in Maart in Scientific American
gepubliseer is, aangedring op die ontwikkeling van neussproei-entstowwe omdat dit ‘n
onmiddellike uitwerking op die virus in die mukus van ‘n besmette persoon het.