Duitsland verwyder Suid-Afrika soos Namibië van môre af van sy lys van hoë risiko lande

Duitsland gaan Suid-Afrika soos Namibië van môre af van sy lys van hoë-risiko-lande
verwyder. Dit beteken ingeënte reisigers van Suid-Afrika kan na Duitsland vir nie
noodsaaklike doeleindes reis sonder enige spesiale registrasie, of om bewyse te lewer
en aan kwarantyn-vereistes te voldoen. Namibië is reeds van die hoë-risiko-lys
afgehaal. Mense wat van Duitsland na Suid-Afrika of Namibië reis, moet egter steeds ‘n
negatiewe Covid-19-toets-uitslag voor hulle vertrek kan toon.