Biden sê sy geduld raak op met inentingskoers

Die Amerikaanse President Joe Biden het onlangs aangekondig dat gedwonge inentings vir alle federale regeringswerkers ingestel word, as gevolg van die trae inentingskoers in verskeie dele van die land. Die Republikeinse-party het reeds aangedui dat hy die beleid in die hof sal uitdaag. Biden het weer met die media gepraat en sy administrasie se standpunt so verwoord.