Pluimveeboere in SA pleid om bystand

Pluimveeboere in Suid-Afrika is steeds onseker of die regering hulle gaan vergoed vir hoenders wat geslag moes word tydens die uitbreking van voëlgriep. Die bedryf het groot skade tydens die uitbreking in April gely toe meer as twee miljoen hoenders van kant gemaak moes word. Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging sê ongeveer 269 eierprodusente moes van al hul hoenders ontslae raak en kon nog steeds nie die voëls vervang nie.