9 Palestyne dood in Jenin-aanval

Minstens nege Palestyne is dood in ‘n aanval deur Israeliese soldate, in een van die dodelikste dae in die besette Wesoewer sedert die begin van verlede jaar. Internasionale nuusagentskappe haal die Palestynse Departement van Gesondheid aan wat sê 20 ander mense is gewond tydens gister se aanval op die Jenin-vlugtelingkamp. Vier van hulle is in ‘n kritieke toestand. Palestyne het die inval as ‘n slagting beskryf. ‘n Bejaarde vrou, uitgeken as Magda Obaid, is een van die slagoffers.