Kenners meen dis nou die tyd om huis te koop, rentekoers het piek bereik

Aspirant-huiseienaars in Suid-Afrika word aangeraai om die geleentheid aan te gryp met die rentekoerssiklus wat sy piek bereik het. Dit is ten spyte van die jongste verhoging van die terugkoopkoers tot 7,25 persent. Bradd Bendall van BetterBond sê die verhogings deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan vorentoe begin verlangsaam: