Ja, daar was ‘n aardbewing in Kaapstad

Inwoners van Kaapstad was reg toe hulle bespiegel het oor ‘n mini-aardbewing wat Woensdagmiddag die Moederstad getref het. Die Raad vir Geowetenskappe het bevestig ‘n aardbewing met ‘n sterkte van 1,4 op die Richterskaal het die middag omstreeks 5-uur plaasgevind. Die raad sê die ontleding toon die middelpunt was langs Dieprivier, naby Milnerton se landelike gebied. Verskeie inwoners het hul ervarings op sosiale media gedeel, met sommige wat gesê het alles het geruk en geskud.