Diefstal, vandalisme duur voort by Eskom

Eskom sê daar vind steeds baie voorvalle van diefstal en vandalisme van sy infrastruktuur plaas, veral in Gauteng. Die kragverskaffer sê hy is geskok oor ‘n video op sosiale media van ontblote kragdrade by ‘n onwettige verbinding aan ‘n Eskom-transformator deur ‘n nabygeleë gemeenskap in Garankuwa se nywerheidsgebied. Eskom se woordvoerder in Gauteng, Amanda Qithi, sê onwettige verbindings skep aansienlike veiligheidsgevare vir die misdadigers, maar ook vir kinders wat die slagoffers van hierdie onwettige bedrywighede word: