11 renosters sedert begin Junie gestroop

Die Namibiese omgewingsministerie sê 11 renosterkarkasse is sedert die begin van die maand in die Etosha Nasionale Park gevind. Luidens ‘n verklaring van die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda is die karkasse minstens drie weke oud. Saam met die Namibiese weermag, polisie en spesiale taakspan van die ministerie sal patrollies verskerp word. Die bevestiging kom kort nadat daar aangekondig is dat twee karkasse gevind is, maar dat daar moontlik nog is. Aktiwiteite is in die noordwestelike dele van die park uitgebrei.