Saron-moord: Een word ondervra, een word gesoek

Die Khomas-polisie ondervra op die oomblik ‘n man in verband met die moord op die LPM-jeugleier, die 28-jarige Charmaine Saron. Saron is verlede week naby die Hosianna Kerk in Katutura met 24 meswonde vermoor gevind. Volgens die owerhede is daar nog ‘n verdagte wat soek is.